Die Hangende Tuine van Babilon was een van die sewe wonders van die antieke wêreld wat in Hellenistiese Griekeland genoem is. Hulle is beskryf as ’n merkwaardige ingenieursprestasie met ’n reeks oplopende vlakke met tuine wat ’n groot verskeidenheid bome, struike en wingerde bevat het; dit het gelyk soos ’n groot, groen berg wat van modderstene gemaak is. Dit is glo in die antieke stad Babilon, in die hededaagse Irak, gebou.
Die naam van die Hangende Tuin kom van die Griekse woord kremastós (κρεμαστός, "oorhangend"), wat ’n breër betekenis as die Afrikaanse woord "hangend" het en verwys na bome wat op ’n hoë oppervlak soos ’n terras gebou is.[1][2][3]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search